![]() |
|||||||
|
|
|||||||
Persian Sheep Doornpoort Persian Stud |
|||||||
|
|
|||||||
![]() |
![]() |
||||||
![]() |
![]() |
||||||
![]() |
|
![]() |
|||||
![]() |
|||||||
Nuwe lewe vir historiese skaapras Ondanks die uniekheid van die vet van die Persie-skaap bly die
ras betreklik onbekend. Die nuwe voorsitter van die vereniging voer
egter reeds planne in die mou om sake te verander. ’n Kenner van kleinveerasse, dr. Quintin Campbell, skryf in die
joernaal dat die Persie se grootste bydrae tot kleinveeboerdery die
moederooi is. Dié ooie het ’n groot rol gespeel om die
Karakoelbedryf in die land te vestig en in latere gebruik vir die
teel van slaglammers. “Vroeër jare was die Persie-karkas redelik
aanvaarbaar vir verbruikers, maar vir die moderne huisvrou het die
Persieskaap te veel gelokaliseerde vet,” skryf Campbell. Volgens hom is daar heelwat afbrekende sienings van die ras. Die algemene opvatting is dat die skape baie kleiner as ander vetsterttipe-skape is wat in Suid-Afrika aangetref word. “Hoewel hulle inderdaad kleiner is, is dit nie noodwendig ’n nadeel nie. Hulle vreet minder, het ’n goeie loopvermoë en ’n boer kan tot 1,3 keer soveel Persies per hektaar aanhou as wat die geval sou wees as daar uitsluitlik met grootraam-skaaprasse geboer word. Omdat meer skape per hektaar aangehou kan word, beteken dit ook ’n hoër wins per hektaar.” Dan is daar ook die markpleinstorie dat roofdiere besonder lief vir Persie-lammers is. “Die rede is bloot omdat Persies maar aan die genade van die natuur oorgelaat word. My ervaring is dat boere slegs na die Persies omsien as die winter aanbreek. Hulle tel dan hoeveel lammers daar is wat geslag kan word om saam met wildsvleis te verwerk.” Lötter meen indien met lamtyd meer aandag aan Persies gegee word,
die aanwas en winsgewendheid van die ras eienaars sal verstom. “Waar
daar goed na die diere omgesien word, is hul laminterval die kortste
van alle kleinveerasse.” Lötter boer sedert 1982 op die plaas Doornpoort naby Willowmore met onder meer Angoras, Boerbokke, Merino’s en Wit Dorpers. Hy sê hoewel hy al voor sy huwelik ’n paar Persies aangeskaf en hulle later met Dorpers gekruis het, het hy gou sy fout agtergekom. “Ek het oral begin soek na diere wat vir my mooi was. Dit is net jammer dat ek destyds nie meer aandag aan die rasstandaarde gegee het nie.” Volgens hom is dit eintlik net in die Noord-Kaap waar daar op
redelik groot skaal met die ras geboer word. In die Oos-Kaap is die
troppe baie kleiner en word net tussen 50 en 200 skape deur boere
aangehou. Daar is tans 30 lede wat as telers geregistreer is. “Die
verskil tussen die Persie en ander vetsterttipes is dat eersgenoemde
se vet olierig is en nie harde vet is nie. As dit nie hiervoor was
nie, het die ras dalk al verdwyn.” Hy meen nie hulle moet veel groter geteel word nie. Dié ras tel onder die kleinraam-skaaprasse. Op die ouderdom van 12 maande weeg hulle gemiddeld 40 kg. Teen die tyd dat hulle vier tande het, sal hulle sowat 54 kg weeg en sowat 33 kg uitslag. Lötter sê Persie-ramme is betreklik goedkoop en kan nog vir tussen R1 000 en R1 500 aangeskaf word. Tydens ’n onlangse veiling op Beaufort-Wes is daar egter ’n ram vir R6 000 verkoop en is kudde-ooie tussen R1 000 en R1 400 van die hand gesit. Daar is verskillende kleurtipes, naamlik die swartkop, die swart Skilder, die rooikop en die rooi Skilder. Hoewel die bouvorm van die swart tipes oor die algemeen beter is as dié van die rooies, is daar tans ’n goeie vraag na die rooi Persies. “Daar behoort egter groter aandag aan die kleurpatroon gegee te word – party boere reken hulle het Skilderskape, maar dan is dit skimmels wat nie aan die rasstandaarde voldoen nie.” Lötter word warm onder die kraag as hy gevra word of die Persie met die Afrikabokke vergelyk kan word. Laasgenoemde se pryse het oornag die hoogte ingeskiet net omdat die kleurpatrone iets is wat die verbeelding van mense aangegryp het. Dit het egter nie naastenby die kommersiële waarde as, byvoorbeeld, Suid-Afrikaanse Boerbokke nie. “Nee, die Persie se bouvorm kan nié met dié van die Afrikabok vergelyk word nie. Ons diere is baie vrugbaar en het beslis ’n beter karkas,” gooi hy wal. Omdat die genepoel in Suid-Afrika betreklik klein is, is Persie-ramme ook nie volop nie. Daar is ook ’n tekort aan voortreflike, vroulike teelmateriaal. Hy hoop dat die kursusse wat nou landwyd aangebied gaan word ’n groter bewuswording vir die ras sal skep. “Die grootste uitdaging is om boere aan te moedig om net goedgekeurde ramme te gebruik.” Lötter, wat net drie jaar gelede tot die bestuur van die
Persie-telersgenootskap verkies is, meen dat dié diere vandag die
Aspoestertjie van kleinveerasse in die land is. Hy wil graag sake
omkeer omdat hy oortuig is dat hulle ’n plek in die land het. “Al
wat nodig is, is dat ons ’n nuwe bewuswording daarvoor skep en die
diere wat daar in die land oor is, beter maak,” benadruk hy.
|
|||||||
© 2011 Van Rooyenskraal
home | boer goats | persian sheep | dorpers | contact us | Persian Sheep Doornpoort Persian Stud resources| website development,search engine optimisation by ZAWebs Designs |
|
|---|---|
| web hosting by ZAWebs Hosting |
|
Persian Sheep Doornpoort Persian Stud